Dié roerende roman was in 2011 naaswenner in LAPA se romankompetisie. Die leser ontmoet Wilhelmina in 1984 in Sebokeng as ’n skerpsinnige, wyse en enigmatiese een-en-tagtigjarige grootouma. Binne die broeiende, voortslepende politieke onrus bars geweld en chaos uit. Teen hierdie onstabiele agtergrond beleef sy weer haar kinderdae en ander herinneringe.