Wegkomkans

R278,26

Wegkomkans is ‘n roman oor die verhouding tussen tien vriende oor ‘n tydperk van tien jaar, wat strek van die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding. Soos in ‘n stadige dans beweeg hulle om mekaar, nader en verder, en weer nader, en deel in mekaar se ekstase en smart, vrese en fantasiee. Hulle ontmoet mekaar tydens “wegkomkanse” by die see, gewoonlik in ‘n strandhuis, en praat oor politieke geweld en emigrasie, seksuele frustrasies, spermtellings en plooie. Soms met spot en selfspot, soms hartstogtelik. Die huwelik loop vir byna almal in die groep op ‘n fiasko uit, nuwe verleidings en verhoudings volg, en die vreugde en risiko van ouerskap word ‘n nuwe gesprekstema. Tegelyk begin die jeugdige glans verdof, en pynlike werklikhede keer die blik na binne. Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat ‘n skans teen verlies vorm. Wegkomkans bied prikkelende insigte in mense se versugtinge en ontnugteringe; in die verraderlikheid van die hart.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485310419

Number Of Pages

613

File Size

12.31 mb

Format

PDF