Wat Werner doen met sy drie miljoen

R162,61

Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen?
Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die
meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die
grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle
vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en
sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die
onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen!
Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle
besluit om nie die geld te eis nie … maar dan verloor Werner se ma haar werk.
Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou
met die nare oom Daan.
Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde
gaan hulle die geld by haar uitkry?

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639602196

Number Of Pages

200

File Size

0.74 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-03-2021