Johan Badenhorst en sy span het onlangs die agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank betref.
Al diĆ© eenvoudige maar watertandlekker resepte word gemaak van een goed uitgewerkte inkopielys; jy koop net die vars produkte langs die pad aan soos jy kan. Die resepte dui die bereidings- en gaarmaaktyd aan sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie – en is net so belangrik soos jou domkrag, noodwiel en sleeptou.