Vlug van gister

R246,50

Category:

Wat kos dit regtig om oor te begin?

Met net die klere aan haar lyf vlug Emma uit die myndorp waar haar man haar vir jare afgepers, mishandel en byna doodgeslaan het. Maar waarheen sonder geld, werk, familie of heenkome?

Impulsief kies sy koers Kaap toe en by Stilbaai gee haar motor die gees. ’n Plaaslike boer genaamd Dewald kom tot haar redding en bied aan dat sy by hom op die plaas oorbly terwyl sy wag dat haar motor herstel word. Op die plaas aangekom, sien Emma dinge lyk beroerd. Die jong wewenaar boer agteruit, die olyfboorde staan wild en die huis is vol spoke van die verlede met foto’s van hom as jong bruidegom wat nog die huis vol staan.

Vir Dewald bring Emma lig, kleur en nuwe lewe en vir Emma is Dewald die veilige hawe waarna sy haar lewe lank smag. Maar dit is nie net hul verlede wat in die pad van hul liefde staan nie: Emma se gewelddadige eks is op haar spoor en Dewald het ’n vriendin wat baie meer as net vriendskap by hom wil hê. Sal hulle dit alles kan oorwin en mekaar kan vind in hul onderskeie soektog na vrede? Of sal die lewe weer – nes in die verlede – in die pad kom staan van hul geluk?

Vlug van gister is ’n hartroerende verhaal oor tweede kanse en oorbegin.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781779860019

Number Of Pages

252

File Size

3.59 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-02-2024