Viva Geskiedenis Graad 12 Teachers guide

R33,37

Hierdie Leerderboek bied die KABV vir Graad 12 op ,n lewendige en toeganklike wyse aan. Dit is propvol illustrasies, kaarte en prente wat ,n duidelike boodskap oordra. Dit behels ,n volledige gestruktureerde leerprogram wat leerders betrek om sake krities te oorweeg. Klem word daarop geplaas dat leerders die historiese en kommunikasievaardighede ontwikkel wat vereis word om hulle eie argumente gegrond op bewyse te formuleer. Dit bied uitstekende voorbereiding vir die finale Graad 12 eksamen.
“Dit is regtig baie goed, gebruikersvriendelik en deeglik,” was die opmerking van ,n voormalige Geskiedenisonderwyser en vakspesialis.
Sleuteleienskappe:
· Hierdie boek dek die KABV kurrikulum deeglik.
· Dit is maklik om te lees met verduidelikings van nuwe woorde op die bladsye waar hulle voorkom. · ,n Groot en ryke verskeidenheid bronne.
· Hersiening van die vaardighede wat vir die Graad 12 eksamen vereis word.
· Elke hoofstuk het sy eie tydlyn sodat leerders gebeure in die volgorde waarin dit plaasgevind het,
kan orden.
· Baie aktiwiteite is ingesluit om veelvuldige perspektiewe op gebeure te ontleed.
· ,n Verskeidenheid onderwerpe vir debatvoering en openlike bevraagtekening.
· ,n Wye verskeidenheid aktiwiteite vir daaglikse gebruik.
· Elke hoofstuk eindig met ,n formele assesseringstaak met brongebaseerde en opstelvrae. Leerders
het dus baie geleenthede om hulle vaardighede ter voorbereiding van die finale eksamen te
verbeter.
· Die formele assesseringsprogram vir Graad 12 word gedek.
· ,n Navorsingsopdrag om die formele assesseringsprogram mee af te rond. · Voorbeeld-eksamenvraestelle word vir verdere oefening voorsien.

Authors

, , , , ,

Publisher

ISBN

9781430729648_1yr

Number Of Pages

263

File Size

5.21 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

01-07-2017