Viva Afrikaans Huistaal Graad 12 Onderwysersgids

R98,64

Viva Afrikaans Huistaal Graad 11 is ontwikkel uit die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Afrikaans Huistaal Graad 10–12 en bied leerders die geleentheid om Afrikaans Huistaal op ’n genotvolle en stimulerende wyse te verken.
Die Leerderboek bied die volgende:
• Die geleentheid om die besondere aard van Afrikaans Huistaal te ontdek en te geniet.
• ’n Groot verskeidenheid aktiwiteite, aangebied in tweeweeklikse siklusse, wat temas uit die belangstellingsveld
van leerders op hierdie vlak dek.
• Geïntegreerde akademiese leerinhoude en die praktykgerigte toepassing van dié inhoude. • Die ontwikkeling van die volgende taalvaardighede:
1. Luister en praat
2. Lees en kyk
3. Skryf en aanbied
4. Taalstrukture en -konvensies (geïntegreer met vaardighede 1, 2 en 3)
• Die ontwikkeling van die nodige lewensvaardighede en houdings.
• Die ontwikkeling van kommunikasievaardighede.
• ’n Omvattende Studiegids wat die leerinhoud van al vier die taalvaardighede volledig dek.
• ’n Handige indeks agter in die Leerderboek wat dit maklik maak om taalkonsepte na te slaan.
Die Onderwysersgids bied die volgende:
• Memoranda en idees vir voortgesette assessering van al die aktiwiteite en opdragte in die Leerderboek.
• Werkkaarte en assesseringsvorms wat gekopieer en in die klassituasie gebruik kan word.
• Voorbeeldtoetse en -vraestelle, met memoranda, wat volgens die formele assesseringstake opgestel is.
• ’n Gratis CD met die memoranda van die onderskeie aktiwiteite, assesseringsvorms, informele vraelyste, toetse en vraestelle. Hierdie dokumente word in Word-formaat aangebied sodat veranderinge maklik gedoen kan word. Die CD sluit ook voorlesings van die luisterbegrippe in.
Beide die Leerderboek en Onderwysersgids is ontwerp om die onderwyser op elke moontlike manier te ondersteun en bied ’n verskeidenheid idees om leerders te stimuleer en te help om moeilike konsepte te bemeester.

Authors

, ,

Language

Publisher

ISBN

9781430713821

Number Of Pages

416

File Size

32.85 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-07-2017