Viva Afrikaans 7 (HL) leesboek (CAPS)

R46,10

Viva Afrikaans Huistaal Graad 7 is ontwikkel uit die Kurrikulum- en Assesseringsbeleids-verklaring (KABV) vir Afrikaans Huistaal Graad 7–9 en bied leerders die geleentheid om Afrikaans Huistaal op ’n genotvolle en stimulerende wyse te verken. Die reeks bestaan uit ’n Leerderboek, Leesboek en Onderwysersgids. Die Leesboek is ten volle geïntegreer met die Leerderboek en Onderwysersgids. Hierdie drie komponente is ontwerp om die onderwyser op elke moontlike manier te ondersteun en bied ’n verskeidenheid idees om leerders te stimuleer en te help om moeilike konsepte te bemeester. Die Leesboek bied die volgende: • Gedigte, kortverhale, volksverhale en dramas wat pas by die leerder se belangstellings- veld en ervaringswêreld. • Interessante en stimulerende aktiwiteite en vrae geskoei op die leesstukke, vir bespreking en beantwoording. • Addisionele leesstukke wat met vrug vir verryking en remediëring gebruik kan word. • ’n Volledige Studiegids waarin al die letterkundige aspekte verduidelik word. Die Onderwysersgids bevat die memoranda van al die aktiwiteite en opdragte in die Leesboek. Hierdie memoranda is ook beskikbaar in Word-formaat op die gratis CD wat saam met die Onderwysersgids verskaf word.

Authors

, ,

Language

Publisher

ISBN

9781430724186

Number Of Pages

168

File Size

10.41 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-07-2017