Verse In My Inboks Gr 12 (Afrikaans HL) Poetry Anthology (CAPS)

R39,40

Verse in my inboks gee jou n oorsig van die beste gedigte uit die Afrikaanse digkuns: van klassieke gedigte deur groot geeste soos D.J. Opperman, Elisabeth Eybers en Ingrid Jonker, tot die werk van hedendaagse skrywers soos Marlene van Niekerk, Gert Vlok Nel en Ronelda Kamfer. Dit sluit voorbeelde in van verskil-lende digvorme onder andere die sonnet, ballade, vrye vers, limeriek en haikoe asook n groot verskeidenheid tegnieke en elemente, insluitende rym, ritme, herhaling, tipografie, metafoor en vergelyking, personifikasie, onomatopee, dramatiese ironie en simboliek. Gedigte praat deur woorde en ritme en klank met die leser. Jy word aangemoedig om die gedig hardop te lees om te haar wat die gedig vir jou wil sy. In hierdie bundel is daar speelse verse, pragtige liefdesgedigte en ernstige gedigte wat jou tot nadenke sal stem. Jy gaan gelei word om elke gedig deeglik te ontleed om die diepere betekenis daarvan te ontdek. Elke gedig word in diepte behandel en bied die volgende: n Kort biografiese skets van die digtern Volledige bespreking van die gedig wat jou lei om die inhoud te ontsluit. n Groot verskeidenheid kontekstuele en literäre opstelvrae met memoranda om jou kennis en insig te toets.Interessante en stimulerende pre-lees en post-lees aktiwiteite wat die gedig in n breär konteks plaas. Daar is ook n omvattende Studiegids waarin al die letterkundige aspekte verduidelik word, n glossarium van letterkundige terme en n afdeling wat jou help om vir die eksamen voor te berei, met nuttige wenke en voorbeeldvrae. Gedigte is kos vir die siel en ons hoop dat hierdie handleiding by jou n liefde en waardering vir die Afrikaanse päsie gaan kweek.

Authors

, ,

Language

Publisher

ISBN

9781430738831

Number Of Pages

442

File Size

13.58 mb

Format

EPUB

Edition

1