Vegter en balling

R204,35

Hoe moet dit voel om vir maande, selfs jare, van jou familie geskei te wees en geen idee te hê of jy jou plaas en jou land ooit weer sal sien nie? Nadat hy in die Brandwaterkom gevange geneem is, is veldkornet Charles von Maltitz in die Groenpunt- en Simonstad-krygsgevangenekamp en later in Trichinopoly in Indië aangehou.
Sy dagboek, nou vir die eerste keer gepubliseer, skets ’n boeiende beeld van die lewe as ’n Boerekrygsgevangene. Dit vertel van die fisieke ontberings en emosionele swaarkry tot die dinge wat hom en sy makkers deurgedra het. Daar is siekte en dood, ontrouheid – ook van Boervroue en medegevangenes – en selfs gewaagde ontsnappingspogings. Sy raak waarnemings en skerp insig bied ’n unieke blik op die alledaagse lewe in die kampe, maar ook op die onderstrominge soos die konflik tussen pro-Britse Boere en die onversetlikes. Tussendeur sorg Charles se besondere humorsin vir talle kostelike beskrywings.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624056942

Number Of Pages

224

File Size

3.68 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

07-03-2013