Vakansiehuis met swembad

R195,65

Marc Schlosser, ‘n huisdokter, begaan ‘n mediese fout en as gevolg daarvan sterf een van sy pasiente. Schlosser moet voor die Mediese Raad verskyn om verantwoording te doen. Schlosser is nie te bekommerd oor die Mediese Raad nie: Hy sal seker ‘n paar maande geskors word, wat nie te erg is nie. Wat die saak egter kompliseer, is dat die pasient ‘n baie bekende akteur, Ralph Meier, is, wat miskien net te veel aandag gegee het aan Schlosser se pragtige vrou, Caroline. Of hou die hele gedoente verband met wat by die Meiers se vakansiehuis gebeur het toe die Schlosser-gesin daar op besoek was? Soos in Die aandete is die hoofkarakter van die verhaal ook die verteller wat net vertel wat hy wil he die leser moet weet en so die leser aan die raai hou oor wat werklik gebeur het.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485305538

Number Of Pages

220

File Size

4.28 mb

Format

PDF