Kalinda het uit Toronto gekom om navorsing te doen oor Kanadese soldate in die Anglo-Boereoorlog. Sy’s twee jaar terug van Neil geskei en het Suid-Afrika agtergelaat vir ’n nuwe lewe, maar noudat sy terug is in die land, onthou sy opnuut sy dreigende laaste woorde aan haar . . . Maar vir eers het sy ander probleme. Soos die spook, jou wrintiewaar ’n regte-egte spook, wat in haar kar geklim het op pad na Paardeberg − én haar kantsakdoekie op die sitplek agtergelaat het. En dan, op die plaas aangekom, het sy te kampe met die wildewragtag van ’n Zach, rekenaarspeletjie-ontwerper en opstandige asmalyer, met sy onversadigbare drang na werklik ekstreme sportsoorte − en die onverklaarbare drif wat dadelik tussen hulle posvat. Terwyl Kalinda die geskiedenis en haar spook se spore volg, kry sake tussen haar en Zach alte vinnig koers – maar sy hoor mos van sy arrogante drie-date-reël, en sy weet haar hart het dít allermins nodig. Boonop is Neil tóg nie iets van die verlede nie . . .
![Tydlose liefde](https://img2.snapplify.com/fb6071a1c44d97d30f87ae98bc7fe508/nbpublishers/9780624067085.jpg)
Tydlose liefde
R110,00
Authors | |
---|---|
Language | |
Publisher | |
ISBN | 9780624067085 |
Number Of Pages | 224 |
File Size | 0.64 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 05-04-2014 |