Tronkhond

R160,87

Dis ? fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met ? vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met ? knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is ? mensch, ? ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees. Hy herinner aan Bennie Griessel: hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor ? hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy ? lang, breedgeskouerde gevangene met ? vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self ? bokser en kon sien die man het ? besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos ? weltergewig was. Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer.

Authors

Publisher

ISBN

9781485312123

Number Of Pages

197

File Size

8.99 mb

Format

PDF