Trompie die krieketspeler (#14)

R108,70

Trompie wil ’n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle kies twee spanne, maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding ná die ander skeef.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798154659

Number Of Pages

97

File Size

0.38 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2011