Tik

R273,91

Kat verloor dit heeltemal. Die tik, die seun met die haelgeweer, die kind sonder ouers en die dooies agter hom in die eetsaal . . . alles ontplof in hom en verduister alle rede. Die ou wond by sy oor klop soos ʼn blootgelegte hart; hy kom regop agter die pilaar en druk die AK se kolf teen sy skouer vas; klein onder die verswelgende warrel van die helikopter. Waar skiet ʼn mens die ding? Waar sit sy enjin? Maak dit saak? Skiet net! Stop die bliksems! Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die karakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemanne nie net hoofbrekens besorg nie, maar Kat in ’n inferno werp waarin alle hoop op lewe verswelg word deur die vlamme, vlieënde lood en woedend kappende helikopterlemme.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624055310

Number Of Pages

304

File Size

1.05 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-08-2012