The Answer Series Graad 12 WISKUNDE 2in1 KABV Studiegids

R225,22

Hierdie Graad 12 Wiskunde 2in1 studiegids is ‘n topverkoper. Dit bied ‘n unieke metode om die hele kursus in Matriekwiskunde te bemeester deur jou trappie-vir-trappie teen ‘n trapleer van bereikbare vrae en antwoorde, wat deurentyd vir terugvoer en groei voorsiening maak, uit te lei.

Hierdie studiegids het TWEE duidelike afdelings:

  • ONDERWERPGEBASEERDE gegradeerde vrae en oplossings – om ‘n stapsgewyse deeglike begrip van teorie, tegnieke en konsepte in elke onderwerp te ontwikkel
  • 14 EKSAMENVRAESTELLE met volledige oplossings, saamgestel uit vorige Nasionale en IEB-eksamens
  • PLUS, ‘n ‘NUWE UITBREIDING’-afdeling, wat bestaan uit uitdagende vrae en memo’s vir Vraestel 1 en Vraestel 2. Hierdie is hoër-orde vrae, geïdentifiseer uit verslae oor die afgelope jare, wat diep wiskundige denke vereis en bevorder.

    Sleutelkenmerke:

  • Kritieke voorkennis (Gr. 10 & 11) ingesluit
  • Gedetailleerde oplossings vir ALLE vrae
  • Stapsgewyse, metodiese konseptuele ontwikkeling en leiding in bewysvoering en strategie
  • Nuttige studienotas en adviesraampies
  • Bylaes, noodsaaklike konteksgedeeltes vir Differensiaalrekene, Meetkunde, Trigonometrie, ens.
  • Uitgebreide dekking van alle kognitiewe vlakke
  • Van toepassing vir beide KABV- en IEB-kandidate
  • Hierdie topverkoper bied uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante regdeur die jaar en daar is al gesien hoe baie leerders hul kritieke denkvaardighede in hierdie sleutelvak verbeter en bo hul verwagtinge presteer.

    Authors

    ,

    Language

    Publisher

    ISBN

    9781928354406

    Number Of Pages

    294

    File Size

    31.97 mb

    Format

    PDF

    Edition

    1

    Published

    19-09-2019