“
Hierdie Graad 11 Wiskundige Geletterdheid 3in1 studiegids bied ‘n grondige oorgang tussen die basiese konsepte wat in Graad 10 Wiskundige Geletterdheid gedek is en die vaardighede wat vir die Graad 12-eindeksamen vereis word. Die omvattende, logies georganiseerde studiegids werk saam met jou met behulp van ‘n uitgebreide reeks oefeninge en onthouwenke, soos jy die vaardighede aanleer om wiskundige probleme in die alledaagse lewe, binne die raamwerk van die KABV-kurrikulum, aan te pak.
Sleutelkenmerke:
Hierdie studiegids is propvol inhoud, toepassing en selfassessering. Dit is ideaal vir gebruik by die huis sowel as in die klaskamer.
“