Studiewerkgids: Onderwêreld Graad 12 Huistaal

R244,00

Best Books Studiewerkgids: Onderwêreld Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe roman? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Onderwêreld, die voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word hierin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids • ’n Karakterlys. • ’n Bespreking van die tekskenmerke van ’n jeugroman. • Hoofstukopsommimgs, -besprekings en kontekstuele vrae. • Inhoudsvrae per hoofstuk vir eksamenvoorbereiding en informele assessering. • Formele assessering, literêre opstelle en toetse. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Onderwêreld, die goedgekeurde voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaans Huistaal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za. [HYPERLINK]

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9781776070251

Number Of Pages

160

File Size

1.09 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

06-05-2016