Studiegids: Al wat ek weet

R130,43

Hierdie gids is spesifiek geskryf vir leerders wat Afrikaans as Addisionele Taal op skool studeer. (Van der Vyver se roman is wel geskik vir ’n Afrikaans Huistaal-klas en kan met vrug deur onderwysers en leerders bestudeer word.) Die gids bevat inligting en aktiwiteite wat as hulpmiddel vir die onderwyser dien. Die daaropvolgende vrae en woordeskat sal die inhoud meer toeganklik vir veral die nie-moedertaalspreker maak. Die gids is so gebruikersvriendelik as moontlik uiteengesit om die onderrigproses te vergemaklik. Onderwysers sal gevolglik in staat wees om ’n omvattende uiteensetting van belangrike literêre aspekte in die roman vooraf aan die leerders te verduidelik wat as inleiding tot die roman sal dien. Vrae word per hoofstuk gevra met relevante woordeskat om leerders in staat te stel om die narratief beter te verstaan, maar ook hul eie Afrikaanse woordeskat in die proses uit te brei.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799394993

Number Of Pages

50

File Size

0.82 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

26-07-2019