Stillewe

R214,78

Die ware betekenis van la dolce vita … In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucasgesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639605951

Number Of Pages

304

File Size

1.19 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-02-2021