Sonligdroom

R147,83

Annetjie van Tonder is gebore in die pragtige dorpie Sabie. Die gesin trek baie rond, wat diepgaande vriendskappe bemoeilik sodat sy as eenkantkind grootword. Gou vind sy boeke as beste vriende en verdiep haar smiddae ná skool hierin. Dit stimuleer weer haar eie verbeelding sodat sy vroeg reeds in haar eie fantasiewêreld begin leef.
Sy matrikuleer in 1960 aan die destydse Riebeeck Hoërskool, gaan daarna na die Normaal Kollege te Pretoria vir die kursus BA (THOD) en een jaar-Onderwysdiploma.
In 1967 trou sy met Gert van Tonder, hou sporadies skool en maak kinders groot.
Hulle woon tans in Klerksdorp (Matlosana) in Noordwes waar sy elke dag haar tyd wy aan die skryf van stories.
Lees is nog steeds ’n groot lekkerte waaraan sy nooit versadig sal raak nie. Verder woon sy ook haar gemeente se Bybelstudie by, doen inkope, berei etes (alhoewel dit nie haar groot liefde is nie), kyk nuus en sepies. Af en toe is ’n goeie rolprent ook op haar spyskaart.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780796319388

Number Of Pages

224

File Size

0.51 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

30-05-2016