Slimkoppe Lees! Vlak 4 Boek 1: Wees ‘n speurder ePDF (perpetual licence)

R66,96

Die Slimkoppe-leesreeks is deur onderwysers en leesspesialiste spesiaal ontwikkel om kinders met selfvertroue aan die lees te kry en by hulle ’n liefde vir lees aan te wakker. Die reeks is perfek vir kinders wat geskrewe woorde begin herken. Elke boek sluit notas in vir ouers, ’n woordelys, en aktiwiteite om seker te maak kinders verstaan die stories.

Slimkoppe Lees! Vlak 4 is vir kinders wat gereed is om langer paragrawe te lees. Hierdie jong lesers steun minder op visuele leidrade om die teks te lees, maar die illustrasies maak die stories interessanter en bied ondersteuning. Die stories is ingewikkelder as op vorige vlakke en bou leeswoordeskat en brei dit uit. Wanneer hulle eenvoudige sinne kan lees, is hulle gereed om die avonture van die minlike Slimkoppe-karakters op Vlak 4 te volg.

Wees ’n speurder sluit die volgende vier stories in:
• Mamma se horlosie
• Die verlore trofee
• Waar is die vissies?
• Ontsyfer die kode

Besoek www.slimkoppe.co.za vir meer inligting oor die Slimkoppe-reeks.

Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy:
• die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik;
• na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap;
• in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9781775951773

Number Of Pages

48

File Size

14.84 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

04-11-2013