Slimkoppe Lees! Vlak 1 Boek 2: Een, twee, drie ePDF (perpetual licence)

R66,96

Die Slimkoppe-leesreeks is deur onderwysers en leesspesialiste spesiaal ontwikkel om kinders met selfvertroue aan die lees te kry en by hulle ’n liefde vir lees aan te wakker. Die reeks is perfek vir kinders wat geskrewe woorde begin herken. Elke boek sluit notas in vir ouers, ’n woordelys, en aktiwiteite om seker te maak kinders verstaan die stories.

Slimkoppe Lees! Vlak 1 is vir kinders wat pas begin lees. Die illustrasies vertel die storie en die teks is baie eenvoudig. Kinders sal die illustrasies hoofsaaklik as leidrade gebruik om die woorde te lees. Die stories is eenvoudig maar vermaaklik, en woorde word dikwels herhaal sodat jou kind kan oefen om hulle te lees. Wanneer hulle eenvoudige sinne kan lees, is hulle gereed om die avonture van die minlike Slimkoppe-karakters op Vlak 2 te volg.

Een, twee, drie sluit die volgende vier stories in:
• Soet hond
• Sportdag
• Seelewe
• Lekker verjaar

Besoek www.slimkoppe.co.za vir meer inligting oor die Slimkoppe-reeks.

Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy:
• die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik;
• na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap;
• in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9781775951667

Number Of Pages

32

File Size

11.38 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

04-11-2013