Hierdie vierde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is aansienlik verbeter deur die toevoeging van groepinleidings en ’n deeglik hersiene teks, kalenderbalke wat spesies se voorkoms en broeitye toon, ’n afdeling oor ‘hoe om die boek te gebruik’, sowel as sonogramme wat lastige voëlgroepe se roepe weergee. Die herontwerpte plate bevat noukeurige illustrasies, met byskrifte wat onderskeidende sleutelkenmerke aandui. Verspreidingskaarte toon die relatiewe getalrykheid van ’n spesie in die streek en dui ook stand- of trekvoëlstatus aan.
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9781431702008 |
Number Of Pages | 464 |
File Size | 54.31 mb |
Format | |
Edition | 4 |
Published | 05-04-2012 |