In Die Suidwestertjie moet Sarie Wessels ʼn maand lank waarneem as sekretaresse van die hovaardige en snobistiese Hugo Kritzinger; baie gou wil sy bedank, maar sy hou nie rekening met haar hart nie. In Dierbare drosters word die skatryk Barend von Throtha ewe skielik opgesaal met vyf wesies, almal meisiekinders. Hul skielike verdwyning en – byna terselfdertyd – die verskyning van ʼn pragtige meisie krap sy lewe verder deurmekaar. En in ʼn Nooi vir Omdraaikrans doen Mariet Fourie haar as iemand anders voor wanneer sy ’n betrekking by dr. Kobus Liebenberg aanvaar. Maar kort voor lank begin die aantreklike Kobus vermoed dat sy nie is wie sy voorgee om te wees nie.
Sarah du Pisanie Omnibus 10
R221,74
Authors | |
---|---|
Language | |
Copyright | |
Publisher | |
ISBN | 9780624071754 |
Number Of Pages | 512 |
File Size | 1.22 mb |
Format | EPUB |
Edition | 1 |
Published | 19-11-2014 |