Vyf sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor.
Kaptein Alek Strauss, lid van ’n spesiale ondersoekspan, het nog nooit iets so gewetenloos teëgekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan?
’n Senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – ’n skrywer wat die bloederige donker onder ’n blink oppervlak blootlê.