Kristen Durandt, Hollywood-aktrise, wil ’n loopbaan as argitek in haar eie land begin. Dis waarvoor sy gekwalifiseer is. Toe ’n horde bewonderaars op haar toesak, help die uiters aantreklike chauffeur, Charlie Vermaak, haar om weg te kom. Hy kry vir haar blyplek waar sy onder die oë van die paparazzi uit is en stel haar ook in staat om ’n voorlegging vir die baas van die argitekfirma No Boundaries, Philip Altman, voor te berei. Toe sy agterkom dat Charlie Vermaak en die immer ontwykende Philip Altman dieselfde mens is, keer dit haar hele wêreld op sy kop.
Authors | |
---|---|
Language | |
Publisher | |
ISBN | 9780799347999 |
Number Of Pages | 126 |
File Size | 0.34 mb |
Format | EPUB |
Published | 01-07-2010 |