Rateltaai

R73,91

Rateltaai is die storie van die oudrugbyspeler en SuperSport-kommentator Ethienne Reynecke se annus horribilis. Hoe hy ’n driedubbele doodsaanslag in ’n enkele jaar oorleef het, hoe hy homself van die krytvloer opgetrek, die bloed uit sy mond gespoeg en sy eie houe op die lewe geplant het. Dit is ’n getuigskrif van die mens se vermoë om vas te byt, om fisiek en emosioneel te herstel nadat jy rondgegooi en platgetrap en sommer ook in die midderif geskop is. Ethienne vertel ook interessante staaltjies oor sy grootword- en universiteitsjare, en sy belewenisse as ’n berese beroepsrugbyspeler. Hy vertel wat hom motiveer, hoe hy oor die lewe dink en hoe hy bly vasklou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur. Dit is egter nie ’n rugbystorie nie. Dit is ’n verhaal van iemand wat homself, ondanks soveel terugslae, gelukkig ag en vervulling in pa-wees, liefde en vriendskap vind. Iemand wat kies om die lig in ’n donker kamer te soek. En as hy dit nie kry nie, self ’n vuur aan te steek.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639602240

Number Of Pages

152

File Size

1.42 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

16-07-2021