Poppie Viool en die Swartwoud-arende

R133,04

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ’n viool wat al lank in die familie is.Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en oor die mensvreter-arende … Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, ’n pratende portret. Hy is eintlik ’n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is … en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word.Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776353316

Number Of Pages

136

File Size

5.61 mb

Format

EPUB

Published

01-03-2022