Uiteindelik! ʼn Reeks wat aan al die vereistes van die KABV voldoen! Piekfyn Afrikaans Graad 9 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids ondersteun die onderwyser se taak deur • beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk – elke module het sy eie onderrig-, leer- en assesseringsplan; • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke, prosedures en prosesse vir leeraktiwiteite; • volledige memorandums vir al die voorbeeldvraestelle te voorsien; • te fokus op kommunikatiewe, teks- en prosesgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; • ’n wye verskeidenheid fiksie en niefiksietekste aan te bied volgens eietydse temas; • ’n formele assesseringsprogram vir graad 9, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; en • aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser, asook ’n groot verskeidenheid volkleur plakkate vir die onderwyserslêer en onderrigdoeleindes. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
![Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 9 Eerste Addisionele Taal](https://img2.snapplify.com/cd93773e097cba0386e315f6ac8f0af7/nbpublishers/9781775893325.jpg)
Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 9 Eerste Addisionele Taal
R250,00
Authors | |
---|---|
Language | |
Publisher | |
ISBN | 9781775893325 |
Number Of Pages | 391 |
File Size | 5.86 mb |
Format | |
Edition | 1 |
Published | 15-01-2014 |