Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

R174,00

Piekfyn Afrikaans Graad 7 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante en kontemporêre leerstof en piekfyn illustrasies om jou visuele geletterdheid te ontwikkel. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat jy opdoen, jou ervaringswêreld verryk en jou sodoende deeglik voorberei vir graad 8. Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Omrede jy self, saam met maat of in groepe jou en ander se werk gaan assesseer, bly jy deurgaans op hoogte van jou vordering. Jy word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en jy word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ʼn neutedop en die piekfyn Indeks gaan jou voorbereiding vir enige soort taak seepglad laat verloop. Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!

Authors

, , , ,

Language

Publisher

ISBN

9781770029439

Number Of Pages

296

File Size

57.25 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

31-10-2013