Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek

R126,01

Piekfyn Afrikaans Graad 4 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 5. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! KABV-geskik.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776071722

Number Of Pages

280

File Size

33.02 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

15-07-2017