Oor jou dooie liggaam

R221,74

Category:

Die 24-jarige vryskutspeurder Ludo Labuschagne ry vir ’n naweek saam met sy vriendin Zelda na ’n koringplaas buite Bredasdorp. Hulle kuier by Zelda se suster Amanda en dié se man, Kleinjan Kloppers. Die jong egpaar bly in ’n afsonderlike huis op Kleinjan se pa se plaas. Daar is ’n jonger broer, Tjaart. Van die begin af is dit duidelik hoeveel druk daar op hulle was om die familienaam voort te sit. Dan gebeur dinge op ’n streep. Die dorp se “ou dokter” verdwyn. So ook Colette, ’n meisie met losse sedes wat swanger is met die kind van die ryk jong man van die dorp, Pieter van Pletzen. En Amanda kry ’n dogtertjie, maar is vreesbevange dat iemand nou jong vroue en hulle babas teiken. Ludo besef hy het ’n saak. Hy is egter nie welkom op die plaas, waar ’n paranoïese Amanda pas die huishulp weggejaag het nie. Ludo installeer sy en sy ma se huishulp, Felicity, in die huis om ’n ogie te hou. Hy self gaan in die plaaslike hotel tuis. Zelda is op die plaas om met die baba te help, en haar en Amanda se ouers is ook daar. Dinge raak nog donkerder. Pieter van Pletzen word afgepers, anders sal hy nooit die seuntjie sien wat glo intussen gebore is nie. Die dokter kry dit reg om uit aanhouding te ontsnap, maar word doodgery en nie weer gesien nie. Daar is nou ’n groot duik in die Klopperse se buurman se bakkie. En na ’n veldbrand kom mense af op die lyke van twee vroue. Colette is waarskynlik een van hulle, maar wie was by haar?

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781779860057

Number Of Pages

300

File Size

1.64 mb

Format

EPUB

Published

01-06-2024