Oor Grense: ‘n Lewe in die media in ‘n tyd van verandering

R173,91

Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front �n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir �n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.
In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om di� groep � wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is � te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit �n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.
Naspers moes ook op kommersi�le vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers bel� in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot �n groep wat vandag finansi�le belange regoor die w�reld het. D�t sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroe� tagtigs vir sodanige vernuwing gel� het nie.
Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantw�reld in �n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, �n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781868428878

Number Of Pages

288

File Size

3.00 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

24-08-2018