Onwillig verlief

R268,78

Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda.
Esmeralde: By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoetEsmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry.
Seerower vir Shakira: In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis.
Markies vir Melesinda: Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Ffrankryk vollê. Maar met die Markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799386813

Number Of Pages

479

File Size

2.04 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-12-2017