Onvoorspelbare harte

R191,00

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Mari Roberts se vorige Romanzas, Dans in die reën, Sprokiesprinses en Fasade van die hart.
Dans in die reën: Ná vier jaar kuier Lillie weer by haar tante-hulle op die plaas. Nick du Toit is ook daar. Haar kleintydse mentor … die man wat sy liefhet. Hy’s onvoorspelbaar, verwar Lillie, en sy weet sy moet padgee.
Sprokiesprinses: Die stappery in die Outeniqua moet Zoë se kop skoonkry. Haar selfbeeld is daarmee heen. Om amper met ’n gay man te trou was erg, maar Kian Richards is erger. Koelkop kan sy hóm nie hanteer nie.
Fasade van die hart: Sy verfoei hom, weet hy’t voete van klei. Van kleintyd af al. Maar Beate moet saam met Derrick de Winter in die helikopter wild jaag. Andersins vermy sy hom, tot die verpestelike rooi rok haar deeglik pootjie.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799389012

Number Of Pages

386

File Size

1.92 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

20-04-2018