Noorman

R199,00

Dit was die meisiekind, Louisa, wat sy lewe red toe hy ná daardie verskriklike deurmekaar nag in die kloof kom skuiling soek. Hier, by die waterval, doop sy hom Noorman, alhoewel hy probeer om sy verlede as skeeps­kaptein en soldaat tydens die Eerste Wêreldoorlog te vergeet. Ook die twee vroue uit dié donker tyd.
Louisa en die mense van die omgewing raak onlosmaaklik deel van sy lewe. Op die buurplaas is die boervrou skaamkwaad oor haar eerste ontmoeting met dié fors rooikopman, al het sy haar oog op die stuk grond waar hy woon.
’n Watertwis ná die depressie en die landswye droogte dryf Noorman se verhouding met sy bure op die spits.
Maar wie kon ooit die stortvloed van verandering ná die verkiesing van ’48 vir die mense van die plase om die waterval voorspel?
SD Fourie blaas met Noorman lewe in die ryk geskiedenis van die Strandveld.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485904175

Number Of Pages

304

File Size

1.63 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-08-2019