Nie van hoorsê nie, Here

R160,87

Waar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer ’n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy ’n siekte het wat sy lewe kan kos. Skielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein. En met dit kom ’n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir ’n gelowige as vir ’n ongelowige om met die dood gekonfronteer te word? Waarom gryp God nie in as ons om hulp smeek nie? Aan die hand van die Bybelverhale van mense soos Job, Elia, Johannes en Jesus, asook ervarings met mense wat hy persoonlik ken, beredineer Frits sy lot. Hy kom dan tot die besef dat, hoewel hy ook wanhopig kan wees en hy maar mag huil, dit nie tevergeefs sal wees om groot dinge van God te verwag nie.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780796316684

Number Of Pages

112

File Size

0.45 mb

Format

EPUB

Edition

2

Published

15-05-2013