Negentien Minute

R156,52

“Hoe goed ken ’n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?” – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer

Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.

Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling ’n rol daarin gespeel het om ’n innemende, liefdevolle seun in ’n massamoordenaar te laat verander.

In ’n era waarin boeliegedrag toenemend ’n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776190010

Number Of Pages

456

File Size

1.49 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

08-07-2020