’n Man in my Kerskous

R85,00

Category:

Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met ’n vrou…
Berna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was ’n orkaan wat haar eie lewe en die mense om haar s’n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van ’n boek.
Ryno het ’n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie.
Is dit net ’n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776354955

Number Of Pages

208

File Size

1.26 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-12-2021