Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran

R121,74

Dié storie wat afspeel in 1960 in Parys, wentel om Momo, ‘n seun wat alleen saam met sy pa in die besige Rue Bleu-distrik woon. Gebroke oor die skeiding van sy vrou, verwaarloos Momo se pa sy seun tot die punt waar die tiener die meeste van sy tyd alleen en geïsoleerd deurbring. Hy vind ‘n onwaarskynlike bondgenoot in monsieur Ibrahim, ‘n Moslem winkelier wat die meeste van sy dae spandeer agter die toonbank van sy winkel waar hy die Koran lees. Mettertyd laat Momo en Ibrahim mekaar elkeen uit sy onderskeie dop kruip en saam ervaar hulle verskeie alledaagse avonture wat nie net vir Momo waardevolle lesse oor liefde, geloof, familie en vriendskap leer nie, maar hom uiteindelik ook ‘n toekoms wys wat die moeite werd is om na te streef.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9780798167734

Number Of Pages

96

File Size

1.07 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

04-10-2014