Mier maar man – Graad 7 Afrikaans Novel (CAPS)

R5,31

Category:

Miranda ken al die lewe. Sy weet: die lewe is nie juis regverdig nie, dis meestal ‘n nare plek en dis beslis vreeslik alleen. Maar sy is sterk. Sy was in haar jong lewe – sy is nou in graad 7 – al in sewe skole. Hierdie is haar laaste jaar op laerskool, en dié keer is sy vir seker in die vreemdste een van almal nog. Met die vreemdste mense op aarde. Sy sit heel voor in die klas, langs ‘n ou met die dikste brille wat sy nog ooit gesien het. En hy het die weirdste naam: MIER – en hy kyk nooit op nie, nóóit. Haar klasonderwyser lyk soos ‘n hippie en die skoolhoof soos ‘n polisieman. Die plek is noord van Pretoria: só ver noord dat jy omtrent nie eens die stad se liggies in die aand kan sien nie … Daar is die gewone skoolboelie, Boela (gaap) en jou gewone nerd, Francois (hierdie een is nice). En Miranda het steeds die geheim van haar pa wat sy so goed wegsteek … Sal hierdie vreemde spul en hierdie droë, rooi aarde dalk iets in haar lewe kan laat gebeur wat dit anders maak? Iets spesiaal? Iets wat haar laat tuis voel, iewers …?

Authors

Publisher

ISBN

9781430713852_3yr

Number Of Pages

110

File Size

3.37 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-07-2017