Sy is so verskriklik eensaam. So verskriklik bang. Haar hart is verskriklik stukkend. Mentje, ’n nederlandse oorlogswesie, beleef die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid in ’n geheime kamp. Terselfdertyd sluit ’n Suid-Afrikaner by die Britse leër aan. Mentje red sy lewe by die slag van Arnhem.