Melktert en kaviaar

R95,00

Liedjieskrywer Emma Steyn se grootste droom is om eendag haar eie liedjies te sing.  Sy  raak egter heeltemal té gespanne – so erg dat sy nie eers ’n piep kan uitkry nie. En haar vriend, die sanger Ingo, maak dit nie makliker nie. Wanneer Ingo vir Emma met ’n ander meisie verneuk en boonop een van haar liedjies steel, nooi vriende haar na Xander Vermeulen se wildsplaas om van Ingo te vergeet.Xander het self ’n platemaatskappy en besef gou hoe talentvol Emma is. Maar Xander is ’n moeilike man en het geen tyd vir Ingo nie. Net toe Emma dink haar loopbaan tel spoed op, beduiwel Ingo wéér die spul. Emma word in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. En Xander se geduld is hierdie keer min. . .

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624050537

Number Of Pages

224

File Size

0.50 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-09-2011