Marilyn

R298,00

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie.
Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en
verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink
het sy vrede gemaak het.
Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn
al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek
op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae
aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy
Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié
ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding
na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy
met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en
hegte vriendskappe gesmee het.
Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die
regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens
se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie …

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639607344

Number Of Pages

576

File Size

1.26 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-07-2021