Luister na jou hart

R85,00

Laetitia dood oor dokter Eddie Bouwer. Sy’t maklik een hele jaar van haar lewe daaraan gewy om sy aandag te kry. En toe kom Ernst Westerman, droë biltongsening van ’n ortopeed, en steek sy vingers in haar sake. Hy sorg dat Eddie en haar stiefsuster mekaar raakloop. En natuurlik is Laetitia Eddie kwyt. Sy het nog nooit ’n kans teen Benita gehad nie. As dit nie vir Ernst Westerman se ongevraagde inmenging was nie, was sy nie nou hier saam met hom in die onherbergsaamheid van Afrika nie, uitgelewer aan die Visrivier-canyon en haar eie onfiksheid. Hy’t haar hele lewe kom omkrap, drup van ‘n man met sy hoë geleerdheid en al.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799349986

Number Of Pages

199

File Size

0.64 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

01-12-2010