Low-carb is Lekker Drie

R236,52

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het. Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie. Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreflike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdag-gesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos. Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781485901419

Number Of Pages

208

File Size

15.92 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

07-09-2022