Liefde in die Ou Kaap

R185,22

Don Poseidon: Dit is die jaar 1790 en die Franse adel moet vlug om die guillotine te ontkom. Vermom as ’n kajuitjonge gaan ’n beeldskone jong edelvrou aan boord van ’n skip wat haar veilig aan die Kaap de Goede Hoop moet besorg. Daar wag die markies Giliomee wat sy nog nooit ontmoet het nie op haar om haar sy vrou te maak. Maar op hierdie reis vol gevare groei sy al hoe nader aan die forse skeepskaptein met sy donker hare en helderblou oë, sy liggaam soepel soos dié van ’n tier. Lilie: In die Ou Kaap van die vroeë agtienhonderds veg ’n meisie teen haar liefde vir ’n man wat aanvanklik nie van haar as vrou bewus is nie. Dit word ’n liefde wat haar elke uur van die dag pynig want sy is daagliks in sy teenwoordigheid terwyl sy hom sy huis en tuin help regkry vir sy bruid. En in die diep stilte van die sneeu wat hulle oorval, weet sy daar sal nooit weer ’n ander man vir haar wees nie. Sarah du Pisanie is ’n bekende en geliefde skrywer van verhale oor tye wat verby gegaan het en liefde wat stormenderhand verower.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780799367577

File Size

1.49 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2014