Kruispad

R260,87

Kruispad is die hart van Deon Opperman se groot trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika, op die balanseerpunt tussen die vroeë verlede van Donkerland en die hede wat in Hartland aan bod kom. Dit is ’n verhaal wat wentel om die demokratiese oorgang en wat die verlies van mag vir Afrikaners ingehou het. Dis ’n sage van vreugde, smart, trots en vernedering wat wys hoeveel inbors en karakter dit verg om die juk van die verlede af te skud. In Kruispad is die belange van opeenvolgende generasies voortdurend in die weegskaal, en die kanteling van die geskiedenis is selde nog so aangrypend verbeeld.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624071433

Number Of Pages

416

File Size

0.99 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

21-10-2014