Kosblik is nie ’n kookboek nie, maar ’n versameling verhale deur sowel gevestigde as nuwe skrywers in Afrikaans. Elke verhaal (en enkele gedigte) bied ’n blik op een besondere resep, een buitengewone dis, een onvergeetlike maal. Bydraers sluit in Marlene van Niekerk, Nanette van Rooyen, Joan Hambidge, Marié Heese, Christine Barkhuizen le Roux, Kerneels Breytenbach, Reinet Nagtegaal, Helena Gunter en nog vele meer.
Kosblik is ’n heerlike boek wat gemik is op sowel die leser van ernstige Afrikaanse literatuur as die liefhebber van stories oor kos en wyn, en dit sluit smulpape en gastronome in.